EK het my motor vir ’n klein herstelwerkie ingeneem na Bainsford in Wellington.
Dit was net ’n paar rand, maar nogtans het hulle die motor gewas en binne skoongemaak.
Toe ek wou ry, oorhandig een van die senior persone in die werkwinkel ’n banksakkie met meer as ’n honderd rand se note en kleingeld aan my. Hy sê die skoonmaker het dit oral in die motor gekry.
’n Groot dankie aan Bainsford en sy personeel. Julle het my dag gemaak.Andries van Deventer, Wellington