EK het omstreeks 03:15 Saterdagoggend 6 Desember die 10111 nommer geskakel en ’n inbraak in aanvang gerapporteer.
Vandat ek die oproep gemaak het tot en met die aankoms van die eerste polisievoertuig het daar nie eers vyf minute verstryk nie.
Ek was so verbaas dat die polisie so flink in hul optrede was. Die norm is dat wanneer die 10111 nommer geskakel word, die persoon jou op “hold” sit.
As dit nie was vir hul vinnige reaksie op my oproep nie, sou die inbrekers definitief weggekom het.
Ek wil veral vir inspekteur Carolus van die Paarlse speurdiens bedank vir sy flinke optrede en sy uitmuntende speurvernuf wat hy aan die dag gelę het.
Die inbrekers was almal gearresteer en ons kon met ’n geruste hart die dag ingaan.
Die publiek kan baie veilig voel met polisiebeamptes van so ’n kaliber wat die nagte vir ons veilig hou.
Tevrede