Kersfonds sluit af op hoë noot
2008-12-18
DIE Paarl Post se Kersfonds sluit vandeesweek af met die pragtotaal van R51 254,45, nadat verskeie skenkings ontvang is ten bate van die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, wat sowat 30 verdienstelike plaaslike organisasies steun. Onder die skenkers is Paarl Cold Set (die rolpers-maatskappy wat die Paarl Post druk), wat R7000 bygedra het. Verder is vandeesweek R2304,70 ontvang van PSG Konsult in die Paarl en Wellington, asook R1840 uit verkope van Diemersfontein Pinotage-wyn. Alle plaaslike bydraes word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei - geen bydraes van ons lesers sal aan begunstigdes buite die PaarlPost se lesers gebied uitbetaal word nie. Die Gemeenskapskas se begunstigdes in die Paarlstreek, is ACVV Paarl, Paarlvallei, Wellington en Franschhoek, Sanca Paarl, Rusoord Tehuis vir Bejaardes, ACVV Paarl, ACVV Paarl-Vallei, Oase Dienssentrum vir Bejaardes, Badisa Paarl en Wellington, Kindersorg Paarl en Wellington, Drakenstein Sentrum vir liggaamlik gestremdes, Care Craft werkswinkel vir epilepsielyers in Wellington, Abbeyfield tehuis Wellington, Andrew Murray Kinderhuis, Kleuterskole en kindersorgsentrums wat steun kry, is Wielie Walie, Sinethemba, Mamzana, Lingelihle, Nompumelelo, Kairos (Simondium), Rise & Shine, Little Stars en Siyakhula. Ander diensorganisasies wat ook steun kry by Gemeenskapskas is Sanra, Cansa, Rapcan, Famsa, Outisme Wes-Kaap, TB Care, Santa, Hospice, Dementia SA en Diabetes SA. Skenkings kan nog tot Vrydag direk inbetaal word in die Gemeenskapskas se Kersfondsrekening 62152029007 by FNB (taknommer 261150) en faks die strokie na 021-872-9280 (aandag Kersfonds).
More
News
|