Bloemiste rot en kaal besteel
2008-12-18
MOET niemand vertrou nie, weet ’n bloemiste van Wellington nou, nadat sy onlangs kort voor sluitingtyd deur drie “klante” rot en kaal besteel is. Volgens die bloemiste het ’n goedversorgde dame en haar twee jong dogters by haar tuiswinkel opgedaag om die troue van ’n familielid, ene Anthea, te bespreek. Die klante het albums deurgekyk en ’n finale besluit gemaak ten opsigte van die kleurskema, pryse en kwotasie. Die bloemiste moes vir hulle ’n kwotasie agterop haar besoekkaartjie skryf sodat die bruid haar kon kontak. Skielik het die swanger dame duiselig begin raak en vir ’n glas koue water gevra. Die bloemiste het onmiddellik na die kombuis gehaas, maar met haar terugkeer met die water, het sy ontdek dat die drie persone verdwyn het met haar kaartjies, pakkies, kontak en geldblik.
More
News
|