Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bakkie beland in voorhuis

Bakkie beland in voorhuis
 
2008-12-18

Lise Beyers

’N INWONER van Bethelstraat in die Paarlse middedorp het verlede Woensdagnag met ’n harde slag wakker geskrik, toe ’n motor dwarsdeur sy motorhek gejaag het.

Nie net het die piepklein Fiat Uno deur die motorhek gejaag nie, maar dit het die huiseienaar, Peter Whiteman, se dubbelkajuit bakkie tot in sy voorkamer gestoot.

Die voorval het so 03:00 die nag plaasgevind, toe die bestuurder van die Uno uit die Hoofstraat in Commer- cial­­weg gery het.

Hier het iets duidelik skeef geloop, want toe hy by die stopstraat by die aansluiting met Bethelstraat kom, het hy teen ’n geweldige spoed regoor die straat gejaag, binne Whiteman se motorhek en bakkie in.

“Toe ek met die slag wakker skrik, het ek eers gedink dat dit óf ’n boom is wat op my huis se dak geval het, óf ’n meteoriet.

“Maar toe ek na buite wil gaan, toe staan my bakkie halfpad in my huis.

“Die bebloede bestuurder van die Uno het uit sy motor gestrompel en beweer dat hy nie die huis gesien het nie.

“Ek kon wel drank op sy asem ruik.”

John Thorpe (22) van Wellington is met gesigbeserings na die Paarl MediClinic geneem.

Nou staar Whiteman derduisende rande skade aan sy huis in die gesig, en dit op die vooraand dat die huis oorgedra sou word aan die nuwe eienaars.

Die polisie ondersoek ’n saak van roekelose bestuur.

* A motorist has caused thousands of rands of damage to a house in Bethel Street, when his vehicle ploughed through a motor-gate, pushing the home owner’s pick-up into the house.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za