Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Veilige feestyd

Veilige feestyd
 
2008-12-18


DIE Paarl-Oos polisie gaan hierdie feesseisoen onverdraagsaam wees teenoor alle oortreders en kriminele aktiwiteite.

So sê stasiebevelvoerder snr/supt Enos Maseko. Verskeie wetstoepassingsaksies word beplan.

Snr/supt Maseko het bygevoeg dat dit belangrik is dat die publiek sekere maatreëls volg om hulself en hul eiendom te beveilig.

Indien huiseienaars weggaan, moet hulle die polisie in kennis stel, sodat daar gereeld in dié gebiede gepatrolleer kan word.

Versoek bure om ’n ogie te hou en laat posstukke verwyder. Kanselleer ook die koerant.

Maak seker dat ligte snags aangeskakel word.

Wees bedag op verdagte persone by kitsbanke en moet nooit toelaat dat iemand vir jou help nie. Moet ook nie groot bedrae geld onttrek of saamdra nie.

Diefstal van en vanuit voertuie is weer kommerwekkend. Sorg dat jou voertuig te alle tye gesluit is en moet niks opsigteliks in die voertuig laat nie.

Die Paarl-Oos polisie gaan hierdie vakansie ook streng optree teen drinkers wat bestuur, asook voertuie wat onpadwaardig op plaaslike paaie ry.

“Saam kan ons hierdie feesseisoen ’n gelukkige, veilige en geseënde feestyd maak.”

* The Paarl-East police will have a zero tolerance stance on crime during the festive season.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za