Groeneveld se kolf blits
2008-12-18
DIE onoorwonne kolfvertoning deur Warren Groeneveld (78) het Saterdag gesorg dat Bella Roma Wellington in die laaste boulbeurt die knoop kon deurhak teen Young Peoples. Die wedstryd is Saterdag in ’n snikhete Wellington beslis. Wellington het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Young Peoples kon 187 lopies vir die verlies van 8 paaltjies in hul toegelate 45 boulbeurte aanteken. Die beste kolwers vir die tiere was PJ de Villiers met ’n onoorwonne 37 en I Nackerdien met 25 lopies. Die boulers wat vir Bella Roma Wellington uitgestaan het, was Johan du Plessis (3/37), Marchand Genis (2/18) en Ian Opperman met 2/25. ’n Uitmuntende kolfbeurt deur Warren Groeneveld, goed bygestaan deur Marchand Genis (34) en Ian Opperman (30), het Wellington in staat gestel om die wa in die laaste boulbeurt deur die drif te trek. Young Peoples se boulers wat goed met die bal gevaar het, was Brendan Adams (3/21) en J Alexander (2/17).
More
News
|