Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Broer en suster sterf tragies

Broer en suster sterf tragies
 
2008-12-18


DIE enigste twee kinders van ’n plaaslike egpaar is Dinsdagmiddag, op die vooraand van Kersfees, op slag dood in ’n gru-ongeluk.

Wilhelm (24) en Sumien Zeelie (19), sowel as ’n vriend Basil Clark, was onderweg na die Weskus vir ’n weeklange vakansie toe die noodlot tref.

By Hopefield het die sleepwa van ’n trekker voor hulle losgekom en die motor waarin die Zeelies gery het, het daaronder beland.

Die broer en suster is op slag dood en Clark is met ernstige beserings na Groote Schuur Hospitaal oorgeplaas. Sy een arm is geamputeer en daar word gevrees vir sy een been. Hy verkeer tans in ’n kritieke toestand.

Sumien het so pas matriek voltooi by Hoërskool Labori en sou volgende jaar by ’n plaaslike sakeonderneming in Wellington begin werk het.

Wilhelm se droom het onlangs bewaarheid geword, toe hy aangestel is as veldwagter by ’n natuurreservaat in Gauteng.

Hy sou in die nuwe jaar hiér begin werk het.

Die jong Zeelies word oorleef deur hul ouers, Susan en André van Noorder-Paarl.

* A tragic accident has claimed the lives of the only children of a local couple.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za