Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boxing Day Grand Prix

Boxing Day Grand Prix
 
2008-12-18


VANJAAR sal 20 van Suid-Afrika se top fietsryers aan die bekende Boxing Day baanfietsbyeenkoms in Paarl deelneem. Fietsry Suid-Afrika het aan dié byeenkoms Grand Prix status gegee wat beteken dat fietsryers wat vir Suid-Afrikaanse spanne in aanmerking wil kom, aan dié byeenkoms moet deelneem.

Die bekende Minnaar en Awie Basson wisseltrofeë, met ’n markwaarde van oor die R500 000, is weer op die spel. Dié trofeë dateer vanaf 1925 en Suid-Afrikaanse fietsryers beskou die verowering van so ’n trofeë as ’n groter eer as om ’n Suid-Afikaanse titel te wen, vertel die organiseerders.

Dié byeenkoms, die grootste baanfietsbyeenkoms in Suid-Afrika, ook bekend as die Paarl Boxing Day Sport, word vanjaar vir die 112de keer aangebied. Dit is ook die oudste aaneenlopende baanfietsbyeenkoms ter wêreld, sê Hein Kroff, een van die organiseerders.

Die byeenkoms word gekenmerk deur die 1 myl uitnodigingswedren waaraan die 18 vinnigste ryers deelneem en die 25 myl wedren (87 rondes) waaraan 45 ryers mag deelneem.

Onder die 80 ryers wat reeds ingeskryf het, tel Nolen Hoffman van die Neotell professionele span, Martin van Wyk, Garth Thomas, Dennis van Niekerk en Dean Edwards.

Die 17-jarige Bernard Esterhuizen, wat vanjaar skitterend vertoon het, tel ook onder die groot name.

Plaaslike ryers soos Roniel Mattysen en Verdi Fakrao kan ook hulle stemme dik maak.

In die vroue-afdeling gaan die vonke ook spat met die Gautengers Ilse Bole en Jo-Anne van der Westhuizen (beide SA ryers) wat gaan meeding teen Magdalene Nicholson, Natasha Marang en die SA fietsryer van die jaar, Maroeska Matthee van Bellville.

Wedrenne vir al die skole ouderdomsgroepe, juniors en veterane word ook aangebied.

Die veterane soos Wayne Pheiffer, William Newman, Dawie du Toit, Joos September en Morné van Greunen behoort vir groot opwinding te sorg.

Die hekke open om 12:00 en die byeenkoms begin om 14:00. Die toegangsgeld is R20 vir volwassenes (R10 kinders).

Toeskouers sal ook trakteer word deur DJ Bullet van Basscube Audio.

Vir navrae, skakel met Hein Kroff by 082-456-0145 of André Abrahams by 082-776-2939.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za