Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hope vermaak in Dorpstraat

Hope vermaak in Dorpstraat
 
2008-12-18


DAAR is hope vermaak by Dorpstraat Teater op Stellenbosch vir die volgende paar weke. Alle vertonings begin 20:30.

Vandag is die gewilde Klopjag daar, met vet-pret vertonings vir oud en jonk, van wanneer die son sak tot hy opkom.

Kaartjies kos R80.

Môre is twee briljante kitaarspelers van CH2 te sien. Dis niks swaar en klassieks nie, maar vrolike vernuf en talent sonder grense.

Kaartjies kos R90.

Saterdag gaan André Swiegers weer kuier.

Iets vir die oog, oor en hart, en sommer in ’n dubbel dosis, want sy seun Emile gaan hom bystaan op die verhoog.

Kaartjies kos R80.

Maandag en Dinsdag kuier die rockchick, Karen Zoid, daar met al die ou gunstelinge, asook nuwe liedjies uit haar eie pen.

Kaartjies kos R120.

Saterdag 27 Desember is Valiant Swart in solo hier.

Dorpstraat se verhoog is mos soos sy eie sitkamer, so sit agteroor en kuier saam met Valiant, een van ons land se beste liedjieskrywers.

Kaartjies kos R70.

Dinsdag 30 Desember word die jaar afgesluit met die Melktert Kommissie se lewendige en talentvolle lot.

Kaartjies kos R60.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za