Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Elfjarige ontvoer, bedwelm

Elfjarige ontvoer, bedwelm
 
2008-12-18


’N ELFJARIGE meisie van Wellington het verlede week vreesbevange oomblikke beleef, toe sy deur ’n ontvoerder gedwing is om ’n handvol pille te drink.

Die ouers van die skraal graad 5 leerder, wie se naam om veiligheidsredes nie genoem mag word nie, kon verlede Woensdagaand haar nie wakker kry nie.

Sy is na die Paarl Hospitaal geneem, maar haar toestand was so ernstig dat sy oorgeplaas is na Tygerberg hospitaal.

Met haar aankoms is daar vasgestel dat sy in ’n ligte koma was.

Toe sy Donderdagaand eers weer by haar bewussyn kom, het sy haar skrikwekkende verhaal aan haar ouers vertel.

Volgens haar het sy Woensdagmiddag na ’n winkel in Pelikaanstraat, Wellington, gestap om lekkers te gaan koop.

’n Man het toe vir haar in ’n motor gedwing en vir haar gesê dat sy die pille moet drink. Sy het vir haar ouers vertel dat hy gesê het dat hy haar sal doodmaak as sy dit nie insluk nie.

Hierna het hy met haar in die motor weggery, maar toe die motor by ’n verkeerslig stilhou, het sy uit die venster geklim en huis toe gehardloop.

“Met haar aankoms daar het sy water gedrink en gaan slaap. Toe ons by die huis kom, was dit niks vreemds nie, want sy is lief vir slaap. Ons was egter baie bekommerd toe ons nie vir haar vir aandete kon wakker maak nie. Haar liggaam was byna heeltemal leweloos.

“Daar is toetse by die hospitaal gedoen om vas te stel wat die meisie ingekry het, en dit blyk anti-depressante te wees.”

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat kinders verkieslik nie alleen in die straat moet rondloop nie, en ook nooit met vreemdelinge moet praat nie.

* A young girl from Wellington was abducted and forced to drink a handful of tablets.


More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za