Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die eiendomsmark hou uitdagings in

Die eiendomsmark hou uitdagings in
 
2008-12-18


DIE ergste krisis in die ekonomie en eiendomsmark is verby, maar moeilike tye lê nog voor.

Dit is die mening van Martin Schultheiss, uitvoerende hoof van die Homenet-groep, wat voorspel dat die eiendomsmark vir minstens ’n jaar tot 18 maande nog “bewerig” gaan bly.

Faktore wat tot moeilike toestande gaan bydra sluit in dalende besteebare inkomste, streng kriteria vir banklenings, onbestendige wêreldwye ekonomiese toestande, hoë skuldverhoudings en sosio-politieke onsekerheid, sê hy.

“Banke se aptyt vir risiko het aansienlik afgeneem aangaande huislenings minder winsgewend en meer riskant geword het en huispryse sal steeds laer neig en in sommige gevalle verder val.

“Nogtans is daar lig aan die einde van die tonnel. Suid-Afrika het die grootste probleme van die wêreldwye ekonomiese insinking vrygespring, grootliks te danke aan die streng kredietmaatreëls wat verbruikers oor die langer termyn in ’n stewiger posisie sal plaas, al is maak dit sake in die korttermyn moeilik.”

Schultheiss sê die waarskynlikheid van (verdere) rentekoersverlagings en ’n beduidende verlaging in die brandstofprys dien ook as groot aansporings vir die algemene publiek.

“Bowendien is dit die taak van die eiendomsmark om die ekonomie te stimuleer en groei teweeg te bring. Die vraag is, het die banke die aptyt daarvoor? Toegang tot befondsing is nou ’n noodsaaklikheid.

“In die algemeen word 100% lenings nie meer aan verbruikers toegestaan nie en rentekoersaanbiedings laer as die prima uitleenkoers is beslis iets van die verlede. Verbruikers moet hulle huiswerk deeglik doen om die beste moontlike rentekoers te beding en moet beduidende deposito’s kan bied om hulle voet in die deur te kry.

“Die eiendomsmark beweeg in siklusse. Ons het dié tendense voorheen in 1973 en 1994 beleef en ons sal hulle weer beleef. Sulke siklusse is bloot ’n newe-effek wanneer ’n ekonomie weens buitensporige groei oorverhit.

“Hoewel die mark weer sal draai, is dit te betwyfel of ons weer die buitensporige vrapryse van 2004 en 2005 gaan sien.

“Suid-Afrikaners moet ook in gedagte hou dat die heersende toestande nie tot die Suid-Afrikaanse eiendomsfeer beperk is nie. Dit is ’n wêreldwye verskynsel en ons is beter daaraan toe as baie ander lande.”

“In kort, eiendom sal altyd ’n goeie, hoewel langtermyn, belegging bly. Die huurmark bied nou veral goeie beleggingsgeleenthede aangesien alles daarop dui dat dié sektor in die langtermyn gesond gaan bly.

“Ons raad is: vra ’n realistiese prys vir jou eiendom. Huise lok die meeste belangstelling in die eerste twee weke in die mark.

“Dit baat jou nie juis om jou prys na dié tydperk te verlaag nie aangesien kopers wat sou belangstel waarskynlik reeds teen die koop van die eiendom besluit het.




More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za