Wiet jou ma?
2008-12-18
’n SKREEUSNAAKSE komedie met twee belowende akteurs is dié naweek op die planke in die Ou Meul-teater. Bradley Olivier (aanbieder van Cooking Magic 3 en die sjarmante JJ van die TV-reeks Villa Rosa), is van Vrydag tot Sondag elke aand op die planke saam met Solomon Cupido, die vurige kelner in Egoli en die wakker Errol in die fliek “Karate Kallie”.
Die twee keer terug met ’n verlengde weergawe van hul kabaret-komedie “Wiet jou ma wa’ jy is?” wat elke aand om 19:00 begin. Dié twee oud-Paarliete het albei drama as vak geneem by New Orleans Sekondêr as studente van Celeste Loriston en begin nou naam maak in die teater- en TV-wêreld. Die stuk handel oor twee uitgeslape kalante wat vir die polisie wegkruip en is geskik vir die hele gesin om te sien. Dit handel oor onderwerpe soos familie, vriendskap en ook ’n bietjie politiek. Hulle het alreeds met hierdie stuk in die Staatsteater in Pretoria opgetree, en is op pad na die Grahamstadse kunsfees asook Aardklop daarmee. Moet dus nie die geleentheid misloop om hierdie pret-opvoering te sien nie - dit is die laaste keer dat dié plaaslik te sien sal wees. Kaartjies is R30 per persoon. Bespreek by Charles Dowries by 073-817-3397.
More
News
|