Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Italiaanse olyfolie maak skande

Italiaanse olyfolie maak skande
 
2008-12-18


DIE internasionale olyfoliebedryf het onlangs onder die vergrootglas gekom nadat die Italiaanse polisie 23 mense gearresteer en 85 plase gekonfiskeer het wat betrokke was by wanpraktyke in Italië se olyfoliebedryf.

Volgens mediaberigte is vermengde olyfolie met saadolie en pulpolie as ekstra suiwer olie aangebied en ingevoerde olie as eg-Italiaans.

Andries Rabie, SA Olive se voorsitter, sę die plaaslike bedryf is uiters teleurgesteld.

“’n Betreurenswaardige gebeurtenis soos hierdie laat natuurlik ook die Suid-Afrikaanse olyfolieverbruiker skepties kyk na wat op die rakke beskikbaar is.”

Volgens Rabie het soorgelyke voorvalle voorheen in Suid-Afrika plaasgevind en om hierdie rede het SA Olive, die amptelike verteenwoordiger van die plaaslike olyfbedryf, in 2005 die Member of SA Olive Commitment to Compliance Scheme (CTC) ingestel om die etikettering van plaaslike produkte te reguleer.

Lede van SA Olive neem op ’n vrywillige en selfregulerende basis deel aan die skema en dui hul toewyding tot die inisiatief aan met ’n ‘Lid van SA Olive’-seël op hul bottels.

Produsente wie se produkte hierdie seël van geloofwaardigheid dra, bevestig dat die inhoud 100% plaaslik vervaardig is volgens die SA Olive Gedragskode gebaseer op internasionele standaarde.

“Hierdie seël dui op die integriteit van alle deelnemende produkte en die gebruik van die seël het in die laaste jaar met 50% gegroei,” sę Rabie.

“Verbruikers behoort ’n ingeligte keuse te kan uitoefen wanneer hulle olyfolie koop, met die fokus op kwaliteit en nie bloot op die goedkoopste bottel op die rak nie,” meen Rabie.

Verwerkte olies word dikwels aan chemiese manupilasie blootgestel wat die unieke geure en gesondheidsvoordele van die olie vernietig.

Suid-Afrikaanse olyfolie word internasionaal hoog aangeskryf en haal hoë pryse op die internasionale markte. Nogtans moet hierdie plaaslike topgehalte produkte met intreevlak ingevoerde olies kompeteer met geen versekering van kwaliteit en selfs oorsprong nie.

In ag genome dat goeie kwaliteit grootmaat Italiaanse olie tans teen R104 per liter aangekoop word, bied Suid-Afrikaanse produkte die verbruiker met onvergelykbare waarde vir geld en ’n veilige hoëkwaliteit produk.

Vir meer inligting omtrent die SA Olive Commitment to Compliance skema of ’n lys van deelnemende lede, kontak SA Olive by 021 870 2900 of info@saolive.co.za of besoek www.saolive.co.za




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za