Drie optredes in die Velodrome
2009-01-08
n GEESTELIKE skouspel, die Christenfees, word op 7 en 8 Februarie by die Bellville Velodrome aangebied. Bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars en Gary Kieswetter, bekende motiveringsprediker gaan optree. Bekendes wat optree sluit in Lise Beekman, Jannie du Toit, Anna Davel, Rory Rootenberg, Neil Rademan, Ollie Viljoen, Charlene Truter, Brandon October, Charl van Heyningen, Louis Loock, Charné Hugo, Willem Venter en Jak de Priester sal optree. Drie optredes word vir die twee dae beplan. Saterdag maak die deure reeds om 09:00 oop met die vertoning wat 15:00 eindig. Saterdag se tweede vertoning begin om 16:15 en sal om 22:00 eindig. Sondag se vertoning begin om 09:30 en eindig om 15:30. Kaartjies wat wissel tussen R80 en R180 kan by Computicket, Shoprite of Checkers gekoop word. Vir meer inligting besoek www.sacia.co.za of skakel 021-981-4737.
More
News
|