Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jeugdiges voel vere vir duiwe

Jeugdiges voel vere vir duiwe
 
2009-01-08

Lise Beyers

’n WEDVLUG-DUIWEBOER van Noorder-Paarl is hoogs ontsteld nadat jeugdige diewe talle van sy broei-duiwe, asook hul kleintjies, gesteel het.

Altus Louw van Kerkstaat is reeds 29 jaar doenig met wedvlugduiwe, en hulle is ’n groot deel van sy lewe.

Maandagoggend het Louw nog sy duiwe gevoer en versorg.

“’n Vriend het hier ’n draai gemaak. Toe hy weg is, is ek weer na my duiwe toe om vir hulle water te gee.

“Ek het opgelet dat een hok se deur met ’n baksteen toegehou word en stertvere lê die hele wêreld vol.

“By nadere ondersoek was die hok heeltemal leeg van my broeipare en hul kleintjies. ’n Wit goiingsak waarin nesmateriaal gebêre word, is leeggemaak en ook weg.”

Louw is na die straat en het vir ’n tuinier wat oorkant sy huis gewerk het gevra of hy iets gesien het.

“Hy vertel toe vir my dat hy vroeër twee opgeskote seuns gesien het wat van binne my erf oor my muur geklim het met ’n goiingsak.”

Die polisie se hulp is ingeroep, en hulle en Louw het ’n soektog deur die strate van Noorder-Paarl geloods, maar hul pogings het niks opgelewer nie.

“Die waarde van hierdie duiwe is onskatbaar. Die volwasse duiwe word slegs vir broeidoeleindes aangehou, dus sal hulle nie hul pad huis toe kan vind indien hulle vrygelaat word nie. En die kleintjies het nog nie eers behoorlik leer vlieg nie.”

Binne die leë hok lê daar ook eiers wat nou nutteloos is.

Louw is nou erg bekommerd oor die welstand van die duiwe. Hy versorg sy duiwe soos konings en vrees vir die ergste.

“’n Paar jaar gelede is nog ’n duiweboer hier naby se duiwe gesteel. Sy duiwe is toe gelukkig in Paarl-Oos gevind, nadat foto’s van hulle versprei is.

“Ek kan maar net hoop dat ek ook so gelukkig is.”

Die ring nommers van die gesteelde duiwe is 6963(OP), 22321(08), 2560(03), 979, 1491, 55974 en 55975. Louw bied ’n beloning van R500 aan vir enige broeipaar wat ongedeerd teruggevind word. Hy kan geskakel word by 082-518-7161.

* A homing-pigeon owner from Paarl North has suffered huge losses after teenagers stole his breeding pigeons and their youngsters.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za