Stadion kry aandag wat dit verdien
2009-01-08
Jaco van Wyk
OPGRADERING ter waarde van bykans R6 miljoen wat die Daljosafat-stadion tans geniet, kom net betyds vir die somer-atletiekseisoen nadat daar elke jaar gekla is oor die swak toestand van die fasiliteite. In die verlede was daar klem gelę op die tekort aan toiletgeriewe tydens byeenkomste, met gebreekte wasbakke, deure, ligte en vensters weens vandalisme en inbrake. Die Drakenstein Munisipaliteit se besluit om geld beskikbaar te stel vir die opgradering van die stadion is meestal geďnspireer deur die 2010 sokkerwęreldbeker wat oor minder as twee jaar in Suid-Afrika afskop. Areas wat aandag geniet is die veiligheidsmuur rondom die stadion, die voorste hekke (daar gaan ’n aparte in- en uitgang aangebring word om te help met die vloei van verkeer), ablusieblokke wat apart van die stadion gebou word, twee konferensie-sale in die paviljoen (elk met ’n private kombuis) en die opgradering van die aantrekkamers. Dan word daar ook ’n dwelmtoets kamer, ’n fisioterapiekamer en ’n mediese kamer ingerig - alles met lugversorging. Aangesien daar gehoop word om die stadion beskikbaar te stel as oefenveld vir ’n nasionale sokkerspan tydens die 2010 Węreldbekertoernooi (moontlik Duitsland), is daar ook ’n groot behoefte om die stadion op standaard te kry vir groot atletiekbyeenkomste wat beplan word vir 2009 en 2010. Volgens die uitvoerende bestuurder van Boland atletiek, Richard Stander, sal die eerste fase van die projek oor twee weke voltooi wees, wanneer die atletiekseisoen begin. “Wat belangrik is in terme van die opgradering, is dat die Daljosafat-stadion nou nasionale byeenkomste sal kan huisves,” sę Stander. “Die een voorwaarde is dat byeenkomste in die dag moet geskied totdat die stadion se ligte ook opgegradeer word.” Stoorkamers word ook aangebring onder die walle, langs die veld, waar atletiektoerusting gestoor kan word. Dit sal ook veilige bewaring vir die toerusting van die Boland Paalspringakademie bied.
More
News
|