Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dienslewering kry hupstoot met nuwe motor

Dienslewering kry hupstoot met nuwe motor
 
2009-01-08


DIE Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) Wes-Kaap se Paarl-tak het onlangs die trotse eienaar geword van ’n splinternuwe Hyundai Accent.

Die Lotto het die fondse voorsien en Omnicar Paarl het ’n spesiale afslag gegee om die koop moontlik te maak.

“Dié motor sal gebruik word deur die CAD se organiseerder om nasorggroepe te stig en om bestaande groepe te diens,” sê Christo Jacobs, ondervoorsitter van die CAD Wes-Kaap.

“Ons doelwit is om in elke dorp ’n nasorgdiens te begin vir mense met afhanklikheidsprobleme en dit is net moontlik indien daar vervoer is.

“Groot waardering word uitgespreek teenoor die Lotto en Omnicars,” sê hy.

Die CAD vergader elke Maandagaand by die ACVV-kantoor in Gimnasiumstraat, Paarl, om 19:30.

Almal wat ’n verslawingsprobleem het, is baie welkom om in te skakel vir gratis hulp. Kontak 021-863-2076 vir navrae.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za