Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swaar tye vir matrieks

Swaar tye vir matrieks
 
2009-01-08

Editorial

BEHALWE vir ’n handjievol misdaad, het 2009 maar ’n taamlike stille verskyning gemaak.

Maar die jaar vorentoe lê vol uitdagings vir die hele gemeenskap.

En as daar geluister word na sakelui, dan is dit duidelik dat die insinking in die ekonomie vanjaar eers werklik gevoel gaan word.

En dit is nie goeie nuus vir die talle matrikulante wat nou gaan werk soek nie, want hierdie geleenthede gaan al hoe minder raak.

Vanjaar se matriekuitslae lyk goed op papier, maar as daar van naby gekyk word, blyk dit dat alles nie so rooskleurig is nie.

As dit by die eindresultate kom, is daar nie meer die onderskeid tussen die tradisionele hoër- en laergraad vakke as dit by die uitdeel van punte kom nie. Makliker vakke (soos Wiskundige Geletterdheid) word nou gelyk gestel met moeiliker vakke (soos Wiskunde).

Oormatige gewig is ook gegee aan die vak Lewensoriëntering, meen sommiges.

Daarom is dit seker maar goed dat die Departement nie meer A-gemiddeldes bekend maak nie - die status van hierdie prestasie het beslis gedaal. Die Paarl Post maak vanjaar slegs melding van kandidate wat minstens vier onderskeidings verwerf het (bl 11).

In hierdie moeilike ekonomiese tye gaan werknemers juis na kandidate kyk wat wel hul beste gelewer het tydens hul skoolloopbaan en nie net die maklikste uitweg gekies het nie.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za