EK verwys na die brief in die Paarl Post van 18 Desember (“Dienslewering pla bietjie”).
Ek was baie simpatiek met die klagte oor ’n motorhawe het tot ek by die sinnetjies kom: “Ek versoek tog maatskappye om veral op te let na die dienslewering wat aangebied word, ongeag die persoon se kleur. Gaan dit net oor die geld wat betrokke is?”
Met hierdie twee sinne het ek my simpatie totaal vir die briefskrywer verloor. Almal van ons kom minder goeie diens teë in die lewe, maar om altyd die sogenaamde kleur storie te gaan haal agter die bult is werklik een van die swakste en afgesaagste verskonings!
Hou op vashaak by 15 jaar gelede se dinge! Die probleem sit eerder by jou en hoe jy jouself sien in die samelewing. Kry die minderwaardigheids kompleks agter die rug.