EK verwys na die brief waarin gekla is oor die toestand van die Wellington-begraafplaas. Ek was onlangs daar en meen die briefskrywer oordryf.
Ek het lanklaas die begraafplaas so skoon gesien.
Wat die terrein omliggend die graf van Tienie Malan betref - ek het een sigaretboksie daar aangetref en ’n halwe bottel se gebreekte glas wat in ’n area van so 400 cm gelê het. Daar het nie papiere rondgelê nie.
Ek dink die munisipale werkers doen hul bes.
Wellingtonner