Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skoolgelde styg met 10%

Skoolgelde styg met 10%
 
2009-01-08


REG deur die bank gaan ouers in Paarl en Wellington in 2009 aansienlik meer moet opdok om hulle kinders op die skoolbanke te hou. By die skole waar skoolgeld vereis word, styg dit met tussen 10% en 18%, en in sommige gevalle styg dit tot so veel as 25%.
Koshuisgangers betaal ook duisende rande meer as wat verlede jaar die geval was. Labori se inwoning kos amper die helfte minder as wat Hoër Jongenskool gaan betaal.

Intussen kan ouers wat versuim om te betaal of nie reëlings met die skool tref nie, hulle aan die verkeerde kant van die gereg bevind. Skole kan sulke wanbetalers dagvaar. ’n Woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het gesê dit is wettig dat skole regsaksies loods teen ouers of voogde wat nie betaal nie.

Die graad 8’s van Hugenote Hoërskool, wat die afgelope paar jaar meer as die res van die skool betaal, sal dié jaar R7050 teenoor die R6750 van die res van die skool moet opdok. Verlede jaar was hulle skoolgelde onderskeidelik R5700 en R5400, ’n styging van meer as 23% vir die graad 8’s en 25% vir die res van die skool.

Baie van die skole bereken hulle fooie oor ’n tydperk van 10 maande, maar selfs dit verhoed nie dat ouers minder gaan betaal nie.

Hillcrest Primêr in Wellington, wat dié jaar meer as 100 graad eens verwag, het besluit om hulle skoolgeld van R230 per jaar op te skuif na R250.

Laerskool Gimnasium se skoolgeld styg met net meer as 15% van R6850 na R7900. Noord-Eind se ouers gaan R7200 in 2009 betaal.

Hoër Meisieskool Paarl se skoolgelde word verhoog na R9980, amper 18% meer as verlede jaar se R8460, terwyl die laerskool met net minder as 17% styg van R7420 na R8670 per jaar.

La Rochelle Primêr, wat nie wou bekend maak wat hul skoolgeld vir 2009 is nie, het wel bevestig dat hulle fooie met 10% verhoog is. Hoër Jongenskool se ouers gaan volgende jaar R12 400 opdok - dit is amper 13% meer as verlede jaar. Dié skool se koshuisleerlinge gaan R21 000 opdok vir inwoning.

Labori Hoërskool betaal R7000 waar hulle verlede jaar net R6120 betaal het. Hulle koshuisgelde is met R2000 verhoog na R12600.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za