EK wil net my absolute misnoeë uitspreek oor die haglike toestand van die begrafplaas in die Paarl.
Dit is oorgroei van onkruid, doringplante wat deur jou skoensole steek, en ly weens die verwydering van water krane.
Dit lyk of daar geen belang gestel word in skoonmaak of netheid nie, om nie te praat van die vandalisering van grafstene nie (engeltjies se koppe wat afgekap is, word dit op ander plekke geplaas.)
In ander gebiede soos Nuweland is die begraafplase ’n lushof, maar in die Paarl wil ’n mens nie meer die begraafplaas besoek nie - dit gaan net meer agteruit.
Ek voel dit is hoog tyd dat ons as publiek die munisipaliteit vra waarheen gaan ons belasting-geld.
Toe ons daar was, het die werkers rondgestaan, en vir ons gekyk, hulle het niks gedoen nie. Wat gaan aan?
Lize-lotte Costandius