MET my onlangse besoek aan Absa Bank te Fabriekstraat, Paarl, is ek beroof van my selfoon terwyl ek binne die veiligheidstoegangshokkie van die bank was.
Oudergewoonte het ek my selfoon wat in ’n sterk gordelsakkie was, met my linkerarm vasgedruk totdat ek binne die bank se veiligheidshokkie was.
Die buitedeur het toegegaan en weer oopgegaan. Twee mans het toe agter my ingekom en die deur het weer toegegaan.
Terwyl ek die binnedeur help oophou by die voorste twee persone, het die buitedeur oopgegaan (dit hoort nie so nie), een van die mans het deurgestap, die ander een het net weer by die uitgangsdeure uitgestap.
In die bank het ek weer my linkerarm teen my sy vasgedruk, en gevoel my selfoon is weg.
Ek het dit aangemeld en ’n dame het my besonderhede geneem. Die bankbestuurder was nie beskikbaar nie.
Ons het die veiligheidsdeure besoek en gevind dat dit foutief was.
Sy het aan die veiligheidsbeampte gevra of hy bewus was van die foutiewe toegangsdeure, sy antwoord was ja en dat dit al geruime tyd so was, en dat hy dit wel aangemeld het.
Die bankbestuurder het telefonies aan my erken dat die toegangsdeure foutief is en dat daar ’n probleem is om parte te kry.
Hy het ook aan my gesê dat banke nie verantwoordelik is vir enige verlies, skade of beserings gely deur Absa-kliënte nie.
Hy het die saak as afgehandel beskou omdat die bank geen verantwoordelikheid teenoor sy kliënte het, wat veiligheid of verlies betref nie.
Volgens hom betree die kliënt die bank op eie risiko. Dit was ook die woorde van die hoof van Absa sekuriteit vir die Wes-Kaap.
As ’n persoon wat veiligheidsbewus is, was dit vir my skokkend om te sien:
• Hoe maklik dit vir ’n rower is, om te kom en gaan in so ’n groot bank, met geen veiligheidsdeure wat hom kan stop nie.
• Die moontlikheid van verliese, skade en beserings.
• Daar is geen ekstra sekuriteit terwyl die deure foutief is nie.
• Daar is net een sekuriteitswag binne die bank.
• Dat dit so lank neem om foutiewe sekuriteitsdeure by ’n bank te herstel.
• Dat die bank geen verantwoordelikheid aanvaar vir sy kliënte se verlies of veiligheid nie.
As dit so is dat die kliënt die bank op eie risiko betree, waarom word ’n kennisgewingbord nie aangebring om die kliënt te waarsku nie?
Bekommerd
ABSA spokesperson Gavin Mageni responds: At Absa, we take very seriously the confidence placed in us to keep our customers and their assets as safe as possible and therefore we need to thoroughly investigate all possibilities in cases related to incidents such as this.
The Head of Operations has indicated that her department is aware of the incident and is investigating the matter.
It should be understood that the main purpose of the security doors are to regulate foot flow into the branch and not necessarily there for personal protection and clients need to safeguard personal belongings in order to avoid becoming a victim of potential crime incidents.
The branch in itself shows a clear record in terms of crime incidents and is therefore sufficiently manned in terms of security requirements.
Absa is quite vigilant in its attempt to inform customers about personal safety as well as protecting their finances. Our in-branch, on-line, and media safety campaigns are very successful in ensuring that our clients remain conscious of potential crime triggers.