Paarliet trap bergfiets in Namibië
2009-01-08
GEDURENDE Desember het Johan Bothma van Paarl MTB deelgeneem aan ’n 24-uur bergfietswedren in Namibië, wat gestrek het vanaf Windhoek na Swakopmund. Bothma het saam met Earle Wakeford van Pathfinder, Klerksdorp, 19de gekom in die Meestersklas met ’n tyd van 18 uur en 17 minute. Die MTB-wedren is aangebied in drie klasse van onderskeidelik solo, spanne van twee en spanne van vier, en strek oor 340km. In die solo-klas van die wedren was daar 41 deelnemers en die wenner van die klas was Mannie Heymans van Namibië wat dit in ’n rekordtyd van 13 uur 13 minute gewen het.
More
News
|