Blues se top-pos beskikbaar
2009-01-08
DIE Laer Paarl Rugbyklub, beter bekend as die Blues, verlang die dienste van ’n nuwe hoofafrigter vir die 2009 rugbyseisoen. Die keuringsvereistes waaraan die aansoekers moet voldoen sluit vlak 1 afrigting in, asook vyf jaar ondervinding in rugby-afrigting. Aansoeke vir die posisie sluit Woensdag 14 Januarie. Kontak A Arendse by 084-902-5759 of T du Plessis by 083-690-9274.
More
News
|