Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarlse springers laat waai in die sand

Paarlse springers laat waai in die sand
 
2009-01-08


DIE tweede jaarlikse Nedbank Beachvault het op 16 Desember plaasgevind in pragtige weersomstandighede in die Strand.
Atlete van die Boland Atletiek Paalspringakademie, asook genooide atlete, het almal deelgeneem aan die uiters suksesvolle dag.

Daar was altesaam 25 atlete wat deelgeneem het aan die enigste strandpaalspring in Suid-Afrika. Dit is die tweede geleentheid van sy soort wat deur Nedbank Business Banking en die Boland Atletiek Paalspringakademie aangebied is onder die leiding van die afrigter van die Boland Paalspringakademie, Louis Nienaber.

In die elite vroue-afdeling het die negentienjarige Janita Stander (LaRochelle) koning gekraai met ’n hoogte van 3,40m.

Die 14-jarige Gimmie, Taahirah Kozain, was in die tweede plek met ’n hoogte van 3m. Die derde posisie het gegaan aan Jani Smith (14 jaar, Paarl Gim) met ’n hoogte van 2,90m.

In die elite mans-afdeling het Christiaan Norman (Paarl Gim) met die louere weggestap na hy ’n hoogte van 4.60m gehaal het.

Kort op sy hakke was Ruaan van Wyk (Paul Roos) met ’n hoogte van 4,40m. Dié twee atlete is onderskeidelik die beste en naasbeste in die land in hul ouderdomsgroepe.

Die 15-jarige Albert Korf (Paarl Gim) het die derde plek behaal in die seuns-afdeling met die beste hoogte in sy ouderdomsgroep in Suid Afrika. Albert het ’n reuse sprong van 4,20m bemeester.

Die bogenoemde drie seunsatlete slyp reeds hul tande vir goue medaljes in hul onderskeie ouderdomsgroepe by die Nasionale Atletiekkampioenskapsbyeenkoms later vanjaar.

Die intermediêre-afdeling is gewen deur Ben van der Westhuisen (HJS) met ’n hoogte van 3,90m, gevolg deur nog ’n toekomstige aanspraakmaker op SA titels in sy ouderdomsgroep, Adriaan Engelbrecht (HJS).

Die 14-jarige Engelbrecht het geslaag met ’n mooi hoogte van 3,40m.

In die derde plek was Julian Julies (Paarl Gim) met ’n hoogte van 3,20m.

Die Nedbank Beachvault is voorafgegaan deur die enigste Streetvault tydens die Jaarlikse Liggiefees in die Paarl en is reeds ook ’n jaarlikse instelling op die jaareind-kalender van die Boland Atletiek Paalspring Akademie.


More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za