Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eerste volmaan-piekniek in nuwe jaar

Eerste volmaan-piekniek in nuwe jaar
 
2009-01-08


DIE Taalmonument op Paarlberg hou eerskomende Saterdag (10 Januarie) die eerste volmaanpiekniek vir 2009. Dit word van 17:00 tot 22:00 aangebied.

Die maan sal om 19:44 sy verskyning maak en die sonsondergang is om 20:01. Al die ligte by die monument word vir die aand afgeskakel.

Toegang is R10 (R5 vir studente en R2 vir kinders). Besoekers is welkom om hulle eie piekniekmandjie in te pak of om ’n mandjie vooraf by Uit die Bloute restaurant by 021-863-2800 te bespreek.

Onthou om ’n flitslig in te pak. Geen honde of vure word toegelaat nie. Besprekings by 021-863-2800 is noodsaaklik.

* Gedurende die somerseisoen is die Taalmonument daagliks oop van 08:00 tot 20:00. Uit die Bloute restaurant is op weeksdae oop van 08:00 tot 17:00 en op Vrydae, Saterdae en Sondae van 08:00 tot 18:00.

Die Taalmuseum in Pastorielaan is van Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 16:00 oop.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za