Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krieketman verdrink

Krieketman verdrink
 
2009-01-15

Lise Beyers

’n BEKENDE in krieketkringe het die afgelope naweek nog ’n verdrinkingslagoffer geword.

Ferdinand Jonathan (32) van New Orleans het Saterdagmiddag saam met vriende in die Bergrivier gaan swem naby die Langstraat-brug.

Met hul aankoms daar is hulle gewaarsku dat die stroom sterk is en dat daar ’n maalgat is.

Die water was egter meer aanloklik in die hitte van die dag as die waarskuwings.

Jonathan en sy vriende het heel rustig geswem, maar omstreeks 18:00 het hy in die moeilikheid beland.

Sy vriende het hom probeer help, en een van hulle het daarin geslaag om sy hand te gryp, maar hy moes tou opgooi toe hy besef dat sy eie lewe in gevaar gestel word.

Jonathan is uiteindelik meegesleur deur die stroom en het onder die water verdwyn.

Polisieduikers het later sy lyk naby die verdrinkingstoneel gevind.

Jonathan het reeds tydens sy skooldae by New Orleans Sekondêr naam gemaak as ’n kranige krieketspeler, toe hy drie jaar agtereenvolgens vir Boland o.19 krieket gespeel het.

Hy was die eerste leerder van New Orleans wat gekies is vir die destydse SA Hoërskole Plattelandspan.

Hy was ’n veelsydige speler en het goed gekolf en geboul.

Reeds op die ouderdom van slegs 17 jaar, is hy vir die eerste span van die Paarl Krieketklub gekies, waar hy saam met oud WP kaptein Adrian Kuiper, gespeel het. Hierna het hy die Paarl-Oos Krieketklub op Premierliga verteenwoordig, waar hy ’n groot staatmaker was.

’n Handbesering het egter sy krieketloopbaan kortgeknip en nadat hy begin werk het as opsigter by New Orleans Primêr, het hy sy krieketkennis oorgedra aan die jongelinge, en vir hulle begin krieket afrig.

Jonathan word oorleef deur sy vrou Petronella, en sewejarige dogterjie, Michaela.

Die begrafnis vind Saterdag om 09:00 plaas vanuit die huis te Wonderboomlaan 30, New Orleans, en daarna by die Nuwe Apostoliese Kerk in Lustiganweg.

* Nog ’n persoon het die afgelope naweek in die water gesterf, dié keer by die Wellington munisipale swembad in Pentzstraat.

Honderde mense het Sondag op hierdie swembad toegesak. Volgens ooggetuies was daar geen beheer oor die massas nie, en drank is openlik gebruik.

Stefannus Smith van Paardeberg het omstreeks 15:00 in die swembad geduik, maar het nooit weer na bo gekom nie.

Toe hy uiteindelik uit die water gebring is, het ’n lewensredder mond-tot-mond asemhaling op hom toegepas, maar hy is op die toneel dood verklaar.

*An accomplished local cricketer drowned in the Berg River this weekend.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za