ARM en voorheen benadeelde gemeenskappe in Drakenstein sal baat by die R30 miljoen inspuiting vir infrakstruktuurprojekte wat aan die einde van Desember deur die Wes-Kaapse plaaslike regering toegeken is aan die Munisipaliteit.
Dit is deel van ’n bedrag van meer as R113 miljoen wat deur die provinsiale regering aan 11 Wes-Kaapse munisipaliteite toegeken is.
Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Pierre Uys, het die nuus aan die einde van Desember bekend gemaak.
In Drakenstein sal die R30 miljoen gebruik word vir die verbeteringe aan padwerke, riolering en stormwaterdreinering.
Dié finansiële toekenning is voorwaardelike toekennings wat munisipaliteite se kapitaalbegrotings ondersteun deurdat dit aangewend word om projekte gedeeltelik of in die geheel te finansier.