Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skolier sterf na dak-val

Skolier sterf na dak-val
 
2009-01-15

Lise Beyers

’n JONG man is vandeesweek dood op die vooraand van sy toetrede tot matriek.

Die treurspel het Maandagmiddag plaasgevind op La Paix-landgoed op die Keerwederpad in Klein Drakenstein.

Shaun October (19) van Amstelhof het hiér dikwels tydens skoolvakansies by familie gekuier, en dit geniet om hand by te sit met plaaswerk.

Maandagmiddag het dinge egter baie skeef geloop, toe hy en ’n vriend, Brandon Johnson, by die dak van ’n skuur opgeklim het om dakplate reg te maak.

Net voordat October bo-op die dak gekom het, het hy sy balans verloor en sowat tien meter ver grond toe getuimel. Tydens sy val het hy vir Johnson ook grond toe gestamp en bo-op hom te lande gekom.

Johnson het met ligte beserings van die val afgekom, maar October is vermoedelik aan nek- en rugbeserings op die toneel dood.

Dinsdag was Johnson steeds erg geskok oor die voorval.

“Alles het so vinnig gebeur dat ek nou nog nie eens weet wat gebeur het nie.

“Ons wou net die dakplate van die skuur vasmaak. Shaun was reeds byna op die dak, toe iets hom laat wankel het.

“Toe ek my weer kom kry, lê ek op die grond en hy is bo-op my.

“Hy het nie beweeg nie en ek het om hulp geroep, maar dit was te laat vir Shaun.”

October het by sy susters Rosaline en Elizabeth October in Suikerbekkielaan gewoon.

Hy was ’n leerling van Paulus Joubert Sekondêr.

Die begrafnis vind Saterdag om 09:00 plaas by die huis, Suikerbekkie-terra 30, en daarna by die VGK Huguenot om 10:00.

* A young man died after falling from a roof that he was fixing.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za