Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waarskuwing oor verpleegsterberoep

Waarskuwing oor verpleegsterberoep
 
2009-01-15


EK stem glad na saam met die skrywer van die brief ‘Warning to SA nurses” van 8 Januarie nie.

Dagsorg is duur in Australië, maar dit kos nie $110 soos die skrywer sê nie, maar eerder $65 per dag en dan kry die kind al sy etes ingesluit en gaan ook op uitstappies.

Jy kan jou kind om 07:00 aflaai en weer om 18:00 optel. As jy ’n permanente inwoner van Australië is, kan jy aansoek doen vir belastingafslag, dan kos dit jou net $20.

Dagsorg in Australië is ook nie ’n kwessie van iemand wat oornag besluit om ’n sentrum oop te maak en dan ’n kamer in sy huis in te rig nie.

Die mense hier is opgeleide persone en die kinders volg ’n voorgeskrewe leerplan.

Ek het ’n seun wat in graad 6 is by ’n staat- skool in Wes-Australië en daar is geen skoolgeld op hom van toepassing nie.

Die skool vra wel ’n donasie (voorgestel $40 ’n jaar) en dan moet jy nog so $200 se skryfbehoeftes aan die begin van die skooljaar koop. Dit is al sy skryfbehoeftes vir die hele jaar.

’n Geregistreerde Verpleegkundige in Perth (Vlak 1:9), dit is ’n suster met redelike ondervinding soos dié waarvan die skrywer praat, verdien $30 tot $32 per uur en werk in ’n 14 dae siklus, 78 uur met die moontlikheid van oortyd. In werklikheid werk ’n voltydse geregistreerde verpleegkundige nie onder 85 uur ’n week nie.

As sy dan nagdiens werk, kry sy ’n verdere 35% by haar salaris en so kry sy vir naweekwerk en Sondagwerk ook ekstra by.

’n Tipiese geregistreerde verpleegkundige wat voltyds werk ná al haar aftrekkings (belasting en pensioen) sal nie minder as $2400 per 14 dae verdien nie.

Hier is wel baie personeeltekorte soos oral in die wêreld (Wes-Australië het so 800 poste), maar dit skep geleentheid vir die persoon wat wil hard werk om goeie geld te verdien.

Dit is jammer dat die skrywer sulke onwaarhede in Suid-Afrika versprei.

Hier is ’n klomp van ons wat in Australië woon en werk wat familie in SA het en as hulle die snert lees wat die skrywer kwyt raak is hulle bekommerd oor ons.

Die feit is dat ons (’n gesin van vier) op hierdie stadium net op ’n verpleegkundige (RN) se salaris leef en ’n baie beter lewenstandaard handhaaf as wat ons ooit in Suid-Afrika gehad het.

Ja, hier is ook misdaad en die globale krisis het ook ’n uitwerking op Australië, maar ons kinders het ten minste weer die vryheid van kind wees wat ons geken het toe ons kinders was.

Australië is nie die hemel nie, maar dit is ’n veilige plek om jou kinders groot te maak waar jy met rustigheid en vrede met die mense om jou kan woon en met harde werk vir jouself en jou kinders ’n toekoms kan bou.

Eben Erasmus (Perth)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za