Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergbrand gekeer

Bergbrand gekeer
 
2009-01-15

Lise Beyers

PAARLIETE se oë het verlede week weereens na Paarlberg gedraai, toe rookwolke Woensdagmiddag daar verskyn het.

Met die verwoestende brand wat verlede jaar hiér uitgebreek het, is gevrees dat ’n herhaling hiervan op pad was.

Maar dit was van korte duur, weens die spoedige optrede van die berg-owerheid en die brandweer.

Weens droë winderige toestande is die hulp van ’n verkenningsvliegtuig en ’n helikopter ingeroep om die brand vinnig onder beheer te bring.

Water is deur die helikopter by verskillende damme in die gebied geskep, asook vanuit die Bergrivier, om die brand te blus en om te keer dat dit in die rigting van die dorp beweeg.

Die taak is suksesvol uitgevoer, sonder dat veel skade aan die berg aangerig is.

Die oorsaak van die brand is steeds duister, maar daar bestaan ’n vermoede dat bosslapers hiervoor verantwoordelik kan wees.

So ’n operasie om ’n brand te blus kos der duisende rande, wat uiteindelik uit die sak van die belastingbetaler kom.

Die publiek wat gebruik maak van die berg word aangemoedig om hul oë oop te hou vir sulke rondlopers, en hulle te rapporteer by die munisipale kantore 021-807-4500, of die natuurreservaatkantoor by 021-807-4888.

Die publiek word gemaan om tydens die volgende paar maande uiters versigtig te wees as hulle met oop vlamme werk. Toestande sal van nou af al hoe droër word en dus is die brandgevaar op sy hoogste.

* A fire on Paarl Mountain was contained quickly by the authorities, to avert a repeat of last year’s devastating fire.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za