GEDURENDE ‘n onlangse vakansie in Namibië het ons ernstige probleme met ons Nissan X-Trail 2.2 Diesel 4x4 SE begin ondervind.
Na ’n kort rit in los sand in 4x4 modus, het die voertuig baie sterk vibrasies in 4x2 modus opgetel sodra stadig gedraai word (met ’n duidelike hoë ryweerstand). Wanneer die voertuig terugwaarts gery word, kom daar ’n harde klap-geraas van die agterste differensiaal af.
Na omtrent vyf minute in 4x4 modus, onder normale veldrytoestande, kom die ‘4WD Warning Light’ aan en word die 4x4 modus outomaties afgesit.
Nadat die saak deur twee plaaslike Nissan-handelaars ondersoek is, is ons meegedeel dat volgens Nissan SA se areategnikus, hierdie probleem algemeen by dié tipe X-Trails voorkom en aan die vervaardiger bekend is.
So ver is nog geen oplossing vanaf Nissan Japan of Nissan Suid-Afrika voorgestel nie.