Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarlse fietsryers vertoon puik in wedrenne

Paarlse fietsryers vertoon puik in wedrenne
 
2009-01-15


PLAASLIKE FIETSRYERS het weereens hul staal getoon by verlede week se baan- en padwedrenne in Port Elizabeth.

In die kriteriumwedrenne het Avery Arendse (Yorkshire) die junior afdeling ingepalm.

Bradwin Daniels (All4 Security) het tydens die verskeie dae van die wedrenne 1ste, 2de en 3de posisies behaal in die kriterium vir o.16 ryers.

In die baanwedrenne het Paarl se ryers ook hul goeie vertonings voortgesit. In die elite afdeling het Reniel Matthysen (Willde) koning gekraai in die uitvalwedren, sowel as die puntewedren, en ’n derde plek behaal in die kierinwedren.

Ivano Siebrits van die Paarl, wat ry vir die Bellville fietsryklub, het ’n goeie eerste plek behaal in die kierinwedren vir Elite ryers.

Arendse was tweede in die kierinwedren vir juniors.

Daniels het ’n tweede plek behaal in die 1500m, asook in die puntewedren in die o.16-afdeling.

Fietsryers is tans besig om hulle vorm op te skerp met die oog op die Suid-Afrikaanse-kampioenskappe wat gedurende Paasnaweek plaasvind in Bellville, asook die Padkampioenskap wat gedurende Mei plaasvind in Oudtshoorn.

Ryers sal mekaar vorentoe nog heelwat opkeil met veral die oog op insluiting in nasionale oefengroepe en nasionale spanne.

Volgens Peter Daniels, nasionale keurder en bestuurslid van Suid-Afrikaanse fietsry, behoort plaaslike ryers hul merk vorentoe te maak op nasionale en internasionale vlak indien ryers meer internasionale blootstelling kry.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za