Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaslike swemmers sny deur die water

Plaaslike swemmers sny deur die water
 
2009-01-15


VERSKEIE swemmers van die Paarl en Wellington het puik vertoon tydens die WPA Sasko swemkampioenskappe wat onlangs aangebied is by die UWK swembad in Bellville.

Plaaslike klubs wie se swemmers aan die kampioenskappe deelgeneem het, was Paarl Aquarius, Paarl Amateur, Vineyards en The Well (van Wellington).

Vir Paarl Aquarius het Nina Hess (12) ’n eerste plek behaal in die 200m borsslag-item.

Hess het ook tweede gekom in die 200m Vlinderslag, 50m borsslag, 100m borsslag en 50m vlinderslag, en derde in die 200m IM.

Kayla Manuel (11), ook van Paarl Aquarius, het eerste gekom in die 50m vlinderslag en derde in die 50m vryslag en 100m vlinderslag.

Vir Paarl Amateur Swemklub het Anniec Marais (14) tweede gekom in die 200m borsslag terwyl TW Bartleman (18) derde gekom het in die 50m vlinderslag en 100m vlinderslag.

Werner Neitz (14) van Vineyards Swemklub was tweede in die 100m rugslag, 100m vryslag en 50m rugslag, en derde in die 200m rugslag.

Vir die Wellingtonse klub, The Well, het Henry van der Vyver (13) tweede gekom in die 400m IM en derde in die 400m vryslag.

Gerhard Strauss (11) het derde gekom in die 50m borsslag.

Luan van der Vyver (11) het eerste gekom in die 50m vlinderslag en 50m vryslag, en tweede in die 200m vryslag, 50m borsslag en 100m vryslag.

Craig Emslie (13) het eerste gekom in die 50m borsslag en 100m borsslag, en derde in die 200m borsslag.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za