Borsbeeld onthul
2009-01-15
’n Borsbeeld van die bekende skrywer en filosoof, Adam Small, is onlangs by die Taalmonument onthul. Small is in 1936 in Wellington gebore en het diep spore getrap in die Swartbewussynsbeweging. Small het veral bekend geword deur sy gedigte en toneelstukke. Hy het sy akademiese loopbaan as dosent in filosofie aan die Universiteit van Fort Hare begin en word in 1960 as hoof van die Departement Filosofie van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) aangestel. Daarna is hy as hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se studentegemeenskapsdienste aangestel. In 1977 word hy direkteur van die Wes-Kaapse Stigting vir Gemeenskapswerk en hervat in 1984 sy akademiese loopbaan by die UWK. Ná dertien jaar as hoof van die Departement Maatskaplike Werk tree hy in 1997 af.
More
News
|