DNA Strings by Simonsvlei
2005-07-28
DIE groep DNA Strings het die afgelope paar jaar bekendheid verwerf vir hulle unieke mengsel van musiekstyle en klanke.
Op 31 Augustus en 1 September gaan hulle die teater se dak lig by Simonsvlei. Hulle nuutste CD, Nomad, het ’n toekenning gekry by Geraas Musiek, vir Beste Groep en ’n Sama-nominasie vir Beste Instrumentele Groep.
Hierdie groep moet jy op die verhoog beleef om hul energie en klank te waardeer. Hulle optrede sluit al hulle nuutste treffers in en ook ’n paar ou gewildes en beloof om almal op hulle voete te hê in ’n reis na die onbekende...
Besprekings by info@simonsvlei.co.za of skakel Lynette Griesel by 082-418-4748.
More
News
|