Gebedsgroep
2009-01-15
DIE Huis van Gebed gebedsgroep bied spesiale dienste aan met die oog op ’n nuwe begin in die nuwe jaar. Die dienste met buitelandse beraders is van Sondag 11 tot 18 Januarie om 17:30 (Sondae) en 19:30 (weeksdae). Die besoekers is pastoor Ebaristo Mulanga van Zambië, pastoor Haelian Rupasingh van Sri Lanka asook pastoor Rueben Chapasuka van die Strand. Vir navrae, kontak pastoor Jerome September by 084-3588-775, 021-862-7340 of 021-862-0501 (h). Byeenkomste is in Lackaystraat op die eerste vloer, agter Shoprite, Paarl-Oos.
More
News
|