Dahliaskou kom
2009-01-15
DIE jaarlikse Wellingtonse dahliaskou word weer aangebied in die Wellington stadsaal op Saterdag 24 Januarie van 14:30. Die skou beloof weereens om opwindend en kleurvol te wees. Dahlia-kwekers sal in meer as 15 afdelings moet uithaal en wys om as die beste dahlia-kweker gekroon te word. Blomme van hoogstaande kwaliteit word verwag, ten spyte daarvan dat wisselvallige weersomstandighede gedurende die somermaande ervaar is. Koeldrank sal te koop wees, en die blomme word van 17:00 verkoop. Vir meer besonderhede, kontak Ivan Davey (021-862-7975), Tony Pretorius (021-873-3605) of Gavin Watson (021-873-4657).
More
News
|