Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sweet tap reeds vir plaaslike rugbyklubs

Sweet tap reeds vir plaaslike rugbyklubs
 
2009-01-22


WINDMEUL UNITED het reeds begin oefen vir die nuwe seisoen, met oefeninge elke Dinsdag en Donderdag om 19:00 by Windmeul Laerskool in Agter-Paarl.

Kontak Jimmy Hendricks by 072-105-7032 vir verdere reëlings. Vervoer kan ook gereël word.

* Hillcrest United se voorseisoen-program vir 2009 is soos volg: Op 7 en 8 Februarie neem hulle deel aan die Cape Town Tens in Kaapstad,waarna hulle op 28 Februarie speel teen Eersterivier op Wellington. Op 7 Maart speel hulle teen Silverleafs op Wellington, en op 14 Maart teen Young Standards in die Paarl. Hillcrest hou op 21 Maart ’n oefenkamp.

Op 1 Februarie moet alle spelers te Pelikaanpark registreer vanaf 15:00.

* Riverstones Rugbyklub het reeds op Dinsdae en Donderdae begin oefen vir die nuwe seisoen. Alle spelers en belangstellendes is welkom om saam te oefen by New Orleans krieketvelde.

* Young Peoples se algemene jaarvergadering vind plaas op Maandag 26 Januarie om 19:00 in die krieketklubhuis te Daljosafat. Alle spelers, lede en nuwe lede is welkom.

* Young Gardens oefen vanaf 20 Januarie, elke Dinsdag en Donderdag vanaf 18:00 by Paarlzicht Primêr. Alle spelers, asook nuwe spelers, is welkom.

Die klub se algemene jaarvergadering vind plaas op 2 Februarie te Paarlzicht primêr om 19:30. Alle lede, asook nuwe lede, se verteenwoordigheid word versoek.

Kontak Dewayne 084-581-6661.

* Albions is op soek na opponente vir vriendskaplike wedstryde op 7, 14, 21 en 28 Maart. Kontak Stevie by 073-419-8476




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za