Wellington ATKV bied blommetoer
2005-07-28
DIT is blommetyd langs die Weskus en weer tyd vir die jaarlikse Blommetoer van die ATKV Wellington. Die bustoer vind plaas op Saterdag, 3 September.
Die toer begin op Wellington en skop af met ‘n wynproe by Swartland Wynkelder, waarna hulle vertrek na Darling vir ‘n besoek aan die wêreldbekende Duckitt Orchid Nursery.
Hierna besoek hulle Langebaan en eindig aan die Weskus met ‘n middagete by die Hoedjiesbaai Hotel in Saldanha.
Navrae by Rieks Koorts by tel 864-2642 of vir Zelda de Beer by tel 873-5995.
More
News
|