Spertyd vir vuurwapenlisensies
2009-01-22
VUURWAPENEIENAARS wat in Oktober, November en Desember verjaar, het slegs tot die einde van Maart om heraansoek te doen vir hul wapenlisensies. Indien hulle versuim om dit te doen, sal hulle onwettig in die besit wees van hul vuurwapen en kan aangekla word. Voordat die aansoek gedoen word, moet applikante ’n opleidingsertifikaat bekom by ’n geakkrediteerde instansie soos Van Zyl Sport in die Paarl. Hierna moet applikante hul naaste polisiekantoor besoek met afskrifte van hul identiteitsdokument, asook hul huidige vuurwapenlisensie. Die kostes van hernuwing is R70 per vuurwapen, asook ’n eenmalige betaling van R70 vir ’n bevoegdheidsertifikaat. Diegene wat nie van plan is om aansoek te doen vir die nuwe lisensies nie, moet hul wapens laat deaktiveer, verkoop of by hul naaste polisiekantoor inhandig. Dit moet teen die einde Junie geskied. Vir enige inligting, kontak die polisie.
More
News
|