KERSFEES 2008 het ten einde geloop en dit was onvergeetlik.
Kinders raak opgewonde oor geskenkies, maar in Rusoord bejaardesorgsentrum het ons as bejaardes ekstra spesiaal gevoel met al die bederf.
Altesame 176 inwonerharte het met elke pakkie opgewonde geklop.
Ons as inwoners sê baie, baie dankie aan elkeen wat ons so bederf het, nie net nou nie, maar ook deur die jaar.
Elke groepie, elke persoon wat deel gehad het om ons inwoners gelukkig te laat voel - baie dankie.
Mag 2009 vir elkeen ’n wonderlike jaar wees.
Rusoord inwoners