Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot sesse kan verwag word

Groot sesse kan verwag word
 
2009-01-22


DIE Wellington Krieketklub bied Saterdag sy 22ste geborgde ses-aan-’n-kant krieketdag te Pen Basson-veld, Wellington, aan.

Die dag bestaan uit sestien spanne, en hul familie en vriende, wat die dag saam gaan geniet op een van die mooiste velde in die Boland.

Die spanne begin om 08:30 die oggend en die plaat en finaal begin so vanaf 16:00 in die middag. Toeskouers kan groot sesse en stylvolle viere verwag.

Vir die spanne wat presteer, is daar ook groot pryse te wen.

Deur die dag is worsrolletjies, pasteie, broodjies, pannekoeke, koeldranke en vele meer beskikbaar. Vir die kinders is daar ook springkastele.

Inwoners van Paarl en Wellington en die hele Boland word uitgenooi om die dag saam met Wellington Krieketklub te geniet. Bring die vrou, ouma en die kinders en geniet goeie krieket, ’n feestelike atmosfeer en heerlike verversings.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za