Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uitstekende prestasies

Uitstekende prestasies
 
2009-01-22


DIE uitstekende akademiese prestasies van Bergrivier Hoërskool se top matrikulant vir 2008, Gary John Afrikaner, is inderdaad ’n inspirasie vir vanjaar se matrikulante en veral vir diegene uit minderbevoorregte gemeenskappe.

Gary gee duidelik gestalte aan die Barack Obama-slagspreuk, “yes, we can”. Gary het laasgenoemde slagspreuk verander na “yes, I can”.

Omstandighede was nie vir Gary ’n verskoning om nie te presteer nie. Sy omstandighede was eerder ’n motivering om akademies te presteer.

Sy harde werk en inspanning is ’n voorbeeld vir vanjaar se matrikulante. Gary se dividende vir sy harde werk was ’n hele paar vakonderskeidings. Hier is nou voorwaar iemand wat sy God-gegewe talente tot sy voordeel kan gebruik. Gary bewys dat niks bereik kan word sonder opofferings nie. God het in elke mens talente geplant wat net ontdek moet word en ontwikkel moet word.

Luiheid en ’n gebrek aan drome sal verhoed dat jy jou potensiaal sal kan bereik.

Gary, baie geluk met jou akademiese prestasies en dankie dat jy as ’n gevallestudie gebruik kan word om te wys hoe leerders uit minderbevoorregte gemeenskappe ook kan presteer.

Dr Noël David Adams




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za