Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tevergeefse soektog na verblyf

Tevergeefse soektog na verblyf
 
2009-01-22


EK het sowat drie maande gelede in die Paarl begin werk by ’n groot maatskappy en het begin soek na redelike bekostigbare verblyf in die Paarl.

Elke week het ek maar die Paarl Post dopgehou, want normaalweg word dit hierin geadverteer. Ek kontak toe ’n Mervin/Melvin by 084-566-9012 wat adverteer in die koerant en volgens hom tree hy op as ’n agent vir ’n sekere tannie en haar seuns wat woonstelle uitverhuur in Suider-Paarl.

Ek maak met hom drie weke gelede se Vrydag ’n afspraak en besoek die woonstelle om 12:00 saam met nog persone wat belang stel in die woonstelle soos geadverteer.

Hy laat ons toe aansoekvorms invul wat ook na jou salaris vra, wat ek glo niks met die verhuurder uit te waai het nie.

Elke dag daarna bel ek hom, dan deel hy my mee dat hy wag net vir die tannie om te besluit wie sy in die woonstelle wil insit.

Tot my skok moet ek elke week hoor by hom dat die tannie mense jammer gekry het, en dan hulle in die woonstelle ingesit het wat glad nie die woostelle kom besigtig het nie.

Eienaardig genoeg is dat die saggeaarde tannie nooit beskikbaar is nie, omdat sy glo deur die agent gelei word.

Na ’n baie duidelike gevolgtrekking het ek besluit dat ek nie verder my tyd en energie aan die saggeaarde tannie en haar agent se agterbakse metodes van verhuring gaan steur nie. Ek begin net wonder of hul graag anderkleuriges in hul woonstelle wil hê - indien nie moet hulle dit so adverteer, dan weet ek as ’n anderskleurige om nie ’n oproep na die advertensie te maak nie, want ek glo baie persone wat woonstelle en verblyf soek, is professionele mense soos ek in voltydse beroepe.

Dit is ’n vermorsing van jou geld, tyd en energie as jy dink aan die telefoonoproepe, uitry na die woonstelle en invul van aansoekvorms waarna jy geen verdere reaksie kry van die adverteerder af nie of verskonings wat glad nie sin maak nie.

Ek glo daar is professionele verhuurders en agente in die Paarl, maar ongelukkig laat hierdie vrot appels in die bedryf ’n swak smakie in ’n persoon se keel van iemand wat nie woonagtig is in die Paarl nie, maar dit geniet om hier te werk en hier wil vestig.

Swak smakie




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za