Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Slaggereed vir buurspan

Slaggereed vir buurspan
 
2009-01-22


PAARL KRIEKETKLUB het die afgelope naweek die span van Malmesbury, op die Parys-velde, maklik met agt paaltjies geklop nadat die besoekers slegs ’n skamele 60 lopies kon aanteken in 23 boulbeurte.

Vir die besoekers het net E Petersen (29, 1x4; 2x6) weerstand gebied teen die boulaanval van die tuisspan.

Die openingsboulers, Clint Philander (3/13) en Ultalyn Ernstzen (2/21), het die kolwers van Malmesbury geteister voordat die draaier, Rohan Goetham (4/22) die stert van die besoekers geknoop het.

Die tuisspan het die wenlopies in die dertiende boulbeurt aangeteken, met Robin Andrews (30, 5x4) die tuisspan se top kolwer.

Paarl II het hul eweknie van Malmesbury met vier paaltjies geklop op die Parys-velde nadat die besoekers slegs 66 lopies behaal het in 24 boulbeurte.

Lyndon Fredericks (2/19) en David Gabriels (4/4) het die boulaanslag van die tuisspan gelei.

Paarl het die wenlopies in die dertiende boulbeurt behaal.

Franco Marais het ’n onoorwonne 43 lopies aangeteken wat agt viere ingesluit het. Jason Cicero (3/21) was die besoekers se beste bouler.

Eerskomende naweek se weg-wedstryd is baie belangrik vir Paarl I aangesien hul teenstanders, Paarl-Oos, die voorloper is in Afdeling II van die 45-boulbeurte kompetisie. Die kompetisie is egter nog wawyd oop en ’n wen sal wondere vir Paarl se titel aspirasies verrig.

Saterdag se program is soos volg: Paarl I en II speel teen Paarl-Oos I en II op New Orleans en Allandale onderskeidelik, terwyl Paarl III teen Easterns III op Kraaifontein speel.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za