Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oudisies vir musiekblyspel

Oudisies vir musiekblyspel
 
2009-01-22


DIE Frank Pietersen Musieksentrum bied in Oktober die musiekblyspel, Fiddler on the Roof aan.

Oudisies vir dié musiekblyspel word vanaf Maandag 26 Januarie tot Vrydag 30 Januarie gehou.

Dit is nou die geleentheid om jouself daardie “eenmaal in ’n leeftyd” kans te gee. Dit gaan harde werk en sommer baie pret wees.

Die produksie, wat beloof om van hoë gehalte te wees, gaan gelei word deur Hadley Duminy, Arno Jones en Jo-Nette LeKay.

Die tye vir oudisies is as volg: Maandag 11:00-13:00, Dinsdag 10:00-13:00 en 18:00-20:00, Woensdag10:00-13:00

Donderdag 10:00-13:00 en 18:00-20:00, en Vrydag 09:00-12:00.

Vir afsprake, skakel Dawn Wehr by 021-872-2123/4.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za