Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tak val bakkie amper plat

Tak val bakkie amper plat
 
2009-01-22

Lise Beyers

’n PAARLIET het verlede week ’n noue ontkoming gehad, toe ’n tak van ’n bloekomboom bo-op haar motor beland het.

Die voorval het Donderdagaand in Sanddriftstraat plaasgevind toe ’n Volkswagen-bakkie by die straat afgery het. Die tak het skielik afgeskeur en op die motor se enjinkap te lande gekom, reg voor die Paarl Metrodienste.

Alhoewel niemand in die voorval beseer is nie, is ambulanspersoneel wat op die toneel was, herinner aan ’n soortgelyke voorval presies vier jaar gelede.

En hierdie voorval was byna noodlottig.

Op 29 Januarie 2005 het ’n reuse eikeboom tak bo-op die motor van Philip Calitz beland in Hoofstraat, Suider-Paarl.

Calitz is hierdeur in sy motor vasgepen, en dit het reddingswerkers etlike ure geneem om hom te bevry.

Sy regterbeen, linkervoet en regterhand is in die voorval gebreek en hy was vir dae lank in die intesiewe waakeenheid.

Calitz is nou in ’n regstryd gewikkel met die Drakenstein Munisipaliteit oor skadevergoeding. Die saak sal eers volgende jaar voortgesit word.

Bome wat op munisipale terrein groei, soos dié op sypaadjies, is die verantwoordelikheid van die Munisipaliteit.

Dit is hul plig om die bome gereeld te ondersoek, en die nodige maatreëls te volg om ongelukke te voorkom.

* A Paarlite was lucky to escape unharmed when the branch of a tree at the side of a Paarl road, broke off and fell on her car as she drove by.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za